Die Boodskap

Jesaja 1:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Hierdie is ’n aantal boodskappe in verband met Juda en Jerusalem wat God vir Jesaja die seun van Amos in die vorm van visioene gegee het. Hy het hierdie visioene gesien in die tyd toe Ussia, Jotam, Agas en Hiskia die konings van Juda was.

2. Hemel en aarde, julle moet getuies wees van wat die Here gesê het: Die kinders wat Ek grootgemaak en versorg het, het nou teen My in opstand gekom.

3. ’n Dier soos ’n bees ken sy baas se stem en selfs ’n donkie weet goed waarheen om te gaan om kos te kry, maar nie my volk Israel nie. Dit maak nie saak wat Ek doen nie, hulle verstaan niks.

4. Daar wag baie swaarkry op julle, julle sondige volk, want julle almal is skuldig. Julle is ’n klomp korrupte, nikswerd kwaaddoeners! Julle het My, die Here, die heilige God van Israel, verwerp en die neus vir My opgetrek. Dit maak nie saak wat Ek probeer doen het nie, julle het die rug vir My gedraai en julle eie rigting ingeslaan.

5. Wat gaan aan met julle, hoekom hou julle aan om in opstand te kom? Hou julle daarvan om gestraf te word? Kyk hoe lyk julle al, julle is al siek na liggaam en gees.