Die Boodskap

Jeremia 12:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Here, U behandel my altyd regverdig as ek my saak aan U verduidelik. Maar nou het ek ’n paar vrae wat ek wil vra: Hoekom gaan dit so goed met slegte mense? Hoekom leef oneerlike mense asof niks hulle kan pla nie?

2. U het hulle lewe gegee. Hulle is soos bome wat geplant is. Die bome groei baie goed, want hulle wortels is diep in die grond geanker. Op die oog af lyk dit of dit baie goed met hierdie slegte mense gaan. Hulle sê graag mooi dinge oor U, maar hulle bedoel nie ’n woord daarvan nie.

3. Maar U ken my, Here. U sien my net soos ek is en U weet presies wat ek dink. Sleep hierdie mense weg soos ’n mens met skape sou maak wat geslag gaan word. Hou ’n oog oor hulle totdat dit tyd is om hulle te slag.