Die Boodskap

Hooglied 8:4-13 Die Boodskap (DB)

4. Vroue van Jerusalem, beloof my om my tog nie in die liefdespel te steur nie.

5. Wie kom daar hand aan hand uit die woestyn met haar geliefde aan?Onder die appelboom het ek jou bemin. Op die plek waar jy gebore is en waar jou ma jou met pyn in die wêreld gebring het, het ek jou liefgehad.

6. Gee my die enigste plek in jou hart. Dra my binne-in jou soos ’n mens ’n seëlring aan jou arms dra. Liefde is sterker as die dood en die liefdesdrang sterker as die doderyk. Die gloed van warm liefde gloei soos ’n groot vuur.

7. Geen water kan die liefdesgloed demp nie en riviere kan dit nie blus nie. Elkeen wat liefde met geld en besittings wil koop, word verwerp.

8. Ons het ’n kleinsus wie se borsies nog klein is. Wat sal ons doen as iemand met haar wil trou?

9. As sy standvastig is, sal ons haar help en as sy ligsinnig is, sê ons sommer net “Nee!”

10. Ek is deugsaam en my borste is vol. My liefling weet ek is gelukkig by hom.

11. Salomo het ’n wingerd in Baäl-Hemon en verhuur dit aan boere wat elk 1 000 silwerstukke betaal.

12. Salomo, my wingerd is mooi en is myne alleen. Hou maar jou wingerd en duisende silwer. Vir jou werkers gee ek selfs nog 200 meer.

13. My liefste, jy is êrens in die tuin waar jou vriende na jou luister. Laat ek ook tog jou stemmetjie hoor wat sê: