Die Boodskap

Hooglied 8:11-14 Die Boodskap (DB)

11. Salomo het ’n wingerd in Baäl-Hemon en verhuur dit aan boere wat elk 1 000 silwerstukke betaal.

12. Salomo, my wingerd is mooi en is myne alleen. Hou maar jou wingerd en duisende silwer. Vir jou werkers gee ek selfs nog 200 meer.

13. My liefste, jy is êrens in die tuin waar jou vriende na jou luister. Laat ek ook tog jou stemmetjie hoor wat sê:

14. Kom, my liefling, kom gou na my. Wees snel soos die ribbok en rats soos ’n takbok se lam op die kruieberge.