Die Boodskap

Deuteronomium 16:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Elke jaar in die maand Abib moet jy die paasfees vier. Dit was in die maand Abib dat die Here julle een nag uit Egipte laat wegtrek het.

2. Jy moet van jou skape en beeste na die plek toe neem wat die Here nog sal kies.

3. Wanneer jy van die vleis eet, moet jy brood wat sonder suurdeeg gebak is, daarmee saam eet. Sewe dae lank moet jy sulke ongesuurde brood eet, want dit moet jou laat terugdink aan die swaarkrydae in Egipte, asook die haas waarmee jy daar weg is. Eet hierdie bitter brood sodat dit jou aan die bitter tyd in Egipte kan herinner.