Die Boodskap

2 Samuel 13:35-39 Die Boodskap (DB)

35. Jonadab sê toe vir die koning: “Daar kom die prinse! Sien u, dis net soos ek vir u gesê het!”

36. Sy woorde was nog nie koud nie, toe kom die koning se seuns by die paleis aan. Hulle het sommer hardop begin huil. Die koning en al sy amptenare het ook sonder ophou gehuil dat die trane loop.

37. Absalom het na Talmai, Ammigur se seun, toe gevlug. Talmai was die koning van Gesur. Dawid het baie lank oor sy seun Amnon gehuil.

38. So het Absalom dan na Gesur toe gevlug. Hy het sowat drie jaar daar gebly.

39. Dawid het ’n plan gehad om teen Absalom te gaan oorlog maak, want hy was nog bitter oor Amnon se dood.