Die Boodskap

2 Samuel 1:23-27 Die Boodskap (DB)

23. Saul en Jonatan, sy seun - die mense was baie lief vir hulle. Hulle was altyd bymekaar;nou is hulle ook saam in die dood.Hulle was so vinnig soos valke,so dapper soos leeus.

24. Vroue van Israel,julle moet huil oor Saul,oor die man wat vir julledie mooiste klere en juwele gegee het.

25. Die helde het gevaltoe die geveg op sy kwaaiste was.Op die berge van Israel lê Jonatan se lyk!

26. Ek is so hartseer oor jou, my broer,my heel beste vriend.Jou vriendskap was vir my meer werdas al die vroue se liefde.

27. Die helde het geval;hulle wapens is tot niet.