Die Boodskap

2 Samuel 1:10-15 Die Boodskap (DB)

10. Ek het toe by hom gaan staan en hom doodgesteek, want ek het geweet hy sal dit nie maak nadat hy so sleg verloor het nie. Ek het die tulband om sy kop en die armband om sy arm afgehaal en dit vir u gebring. Hier is dit.”

11. Dawid het sy klere gegryp en dit stukkend geskeur. Al sy manne het dieselfde gedoen.

12. Hulle het daardie hele dag niks geëet nie. Hulle het gehuil en hardop uitgeroep: “Arme Saul! Arme Jonatan! Die arme volk van die Here! Die arme Israeliete wat in die oorlog dood is!”

13. Dawid het vir die jongman wat die boodskap gebring het, gevra: “Hoe het jy gesê, waar kom jou mense vandaan?”Hy antwoord hom: “My pa is ’n Amalekiet wat net vir ’n rukkie in die land bly.”

14. Dawid sê vir hom: “O so, en toe is jy nie eens bang om jou hand vir die gesalfde koning van die Here op te tel en hom dood te maak nie!”

15. Dawid roep toe een van sy jongmanne. “Kom hier!” sê hy vir hom. “Maak dié man van kant!”Die man het toe die Amalekiet doodgemaak.