Die Boodskap

2 Kronieke 8:3-9 Die Boodskap (DB)

3. Ook in dié tyd het Salomo teen Hamat-Soba opgetrek en dit ingeneem.

4. Hy het Tadmor in die woestyn opgebou, asook die voorraadstede in die omgewing van Hamat.

5. Hy het die susterstede Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder versterk, hulle stadsmure opgebou en die stadspoorte met sluitbalke versterk.

6. Hy het ook Baälat en sy voorraadstede versterk, asook die stede waar die strydwaens en die perderuiters gestasioneer was. Verder het hy alles aangepak wat hy graag wou doen in Jerusalem, die Libanon en in die res van die gebied onder sy beheer.

7. Salomo het al die mense wat nie Israeliete was nie, soos die Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete,

8. maar wat in die land oorgebly het, vir dwangarbeid opgeroep. Dit is vandag nog die geval.

9. Hy het egter nie dwangarbeid op die Israeliete afgedwing nie. Hy het hulle gebruik as soldate, as offisiere in die leër en as bevelvoerders en bemanning van sy strydwaens.