Die Boodskap

2 Kronieke 4:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Salomo het ’n vierkantige bronsaltaar van tien by tien meter gemaak. Die altaar was vyf meter hoog.

2. Hy het ’n groot, ronde waterbak met ’n deursnee van vyf meter in brons laat giet. Dit is die “see” genoem en was twee en ’n half meter hoog, met ’n omtrek van vyftien meter.

3. Die see is reg rondom versier met twee rye figure wat soos osse gelyk het. Hulle is in een stuk saam met die see gegiet.

4. Die see het op twaalf beelde van beeste gerus. Die beeste het drie-drie in die verskillende windrigtings gekyk: drie na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste. Hulle agterkante was bymekaar en die see het daarop gerus.