Die Boodskap

1 Timoteus 2:3-7 Die Boodskap (DB)

3. So hoort dit en so hou God, wat ons gered het, daarvan.

4. God wil hê alle mense moet na Hom toe kom en by Hom leer wat waar is.

5. Daar is mos net een God en daar is net een Mens wat ons kan help om by God uit te kom, en dit is Christus Jesus.

6. Hy het die prys betaal wat nodig was sodat ons saak met God weer reg kon wees; ja, Hy het Homself daarvoor gegee. Op die regte tyd het Hy gewys dat God mense graag by Hom wil hê.

7. Juis daarom het God my aangestel om vir al die mense wat nog nie van Hom gehoor het nie, die waarheid te gaan vertel oor sy Seun Jesus sodat hulle ook in Hom kan glo. Julle kan dit gerus maar glo, want ek sal nie vir julle lieg nie.