Die Boodskap

1 Tessalonisense 5:26-28 Die Boodskap (DB)

26. Julle moet mekaar vriendelik ontvang. Soen mekaar met ’n heilige soen as julle saamkom soos wat dit by Christene pas.

27. En ek versoek julle baie ernstig in die Naam van die Here dat hierdie brief by julle byeenkomste aan al die gelowiges voorgelees word.

28. Die oorvloedige goedheid van ons Here Jesus Christus is by julle, nou en vir altyd.