Afrikaans 1983

Psalms 93 Afrikaans 1983 (AFR83)

U is van altyd af daar

1. Die Here is Koning,Hy beklee Hom met majesteit.Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag.Die wêreld staan vas, dit wankel nie,

2. en vas staan u troon van ouds af:U is van altyd af daar.

3. Riviere het gedruis, Here,riviere het gedruis,riviere het gedreun,

4. maar hoog bo die geraas van baie waters,hoog bo die golwe van die see,troon die Here in sy koninklike mag.

5. U verordeninge staan baie vas.Heiligheid versier u huis, Here,tot in lengte van dae.