Afrikaans 1983

Psalms 91 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

1. Hy wat by die Allerhoogste skuiling vinden die beskerming van die Almagtige geniet,

2. hy sê vir die Here:“U is my toevlug en my veilige vesting,my God op wie ek vertrou.”

3. Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip houen jou bewaar van dodelike siekte.

4. Hy beskut jou onder sy vleuelsen is vir jou 'n veilige skuilplek.Sy trou beskerm jou aan alle kante.

5. Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nagof vir aanvalle oordag,

6. vir pes wat in die donker toeslaanof vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

7. Al val daar duisende langs jou,tienduisende by jou,vir jou sal niks tref nie.

8. Met jou eie oë sal jy sienhoe die goddelose gestraf word.

9. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,die Allerhoogste as jou beskermer,

10. sal geen onheil jou trefen geen plaag naby jou woonplek kom nie.

11. Hy sal sy engele opdrag geeom jou te beskerm waar jy ook al gaan.

12. Op hulle hande sal hulle jou dra,sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

13. Jy sal oor leeus en adders loop,leeus en slange sal jy doodtrap.

14. “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”sê die Here,“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

15. Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;in sy nood sal Ek by hom wees,Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

16. 'n Baie lang lewe sal Ek hom geeen oor my hulp sal hy hom verbly.”