Afrikaans 1983

Psalms 82 Afrikaans 1983 (AFR83)

God beskik oor al die nasies

1. 'n Psalm van Asaf.In die hemelse vergadering, tussen die hemelwesens,staan God op om uitspraak te lewer:

2. “Hoe lank gaan julle nog onregverdige beslissings vel,nog partydig wees vir die goddelose? Sela

3. Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind,'n regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer,

4. julle moet die mens in nood en die arme bevry,hulle uit die mag van die goddelose red;

5. maar julle weet niks,julle verstaan niks,julle gaan eenvoudig in duisternis voort,en so word die fondamente van die wêreld geskud.

6. Ek het wel gesê:Julle is almal gode, almal met mag beklee.

7. Maar nou, julle sal elkeen sterwe soos 'n mensen aan julle einde kom soos enige maghebber.”

8. Kom tog, o God! Lewer uitspraak oor die wêreld,want al die nasies behoort aan U.