Afrikaans 1983

Psalms 67 Afrikaans 1983 (AFR83)

Mag die volke U loof, o God!

1. Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm. 'n Lied.

2. Mag God ons genadig wees en ons seën,mag Hy tot ons redding verskyn, Sela

3. sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,sy reddende krag onder alle nasies.

4. Mag die volke U loof, o God,mag al die volke U loof!

5. Mag die nasies bly wees en jubelomdat U hulle regverdig regeeren hulle op die aarde lei. Sela

6. Mag die volke U loof, o God,mag al die volke U loof!

7. Die land het sy oes gelewer.God, ons God, het ons geseën.

8. God het ons geseën.Die mense op die hele aarde moet Hom eer.