Afrikaans 1983

Psalms 63 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek bly altyd naby U

1. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die Judawoestyn.

2. Ek soek U, o God, my God,ek dors na U;ek smag na Usoos in 'n dor en droë land,'n land sonder water.

3. Ek wil by U in die heiligdom weesom daar u mag en grootheid te ondervind.

4. U troue liefde is meer werd as die lewe;daarom sal ek U prys.

5. Ek sal U my lewe lank loof,my hande ophef om u Naam te prys.

6. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet,sal ek U altyd roem met jubelende mond.

7. As ek aan U dink op my bed,oor U peins in die nag, dan weet ek:

8. U is vir my 'n hulp,en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.

9. Ek bly altyd naby U,u hand ondersteun my.

10. Maar hierdie mense wat my ondergang soek,mag hulle wegsink in die dieptes van die aarde!

11. Mag hulle aan die swaard oorgegee worden aas vir die jakkalse word!

12. Laat die koning hom in God verbly,laat elkeen wat hom op God verlaat, Hom prys.Die mond van die vals mens word toegestop.