Afrikaans 1983

Psalms 54 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here hou my lewe in stand

1. Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid,

2. na aanleiding daarvan dat die Siffiete gekom en vir Saul gesê het: Dawid kruip by ons weg.

3. Red my deur u mag, o God,laat aan my reg geskied deur u krag.

4. Hoor my gebed, o God,luister na my woorde,

5. want vyande staan teen my op,geweldenaars soek my lewe,hulle hou geen rekening met God nie. Sela

6. Maar vir my help God altyd,die Here hou my lewe in stand.

7. Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom.U is getrou: vernietig hulle.

8. Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra,ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,

9. U het my uit elke benoudheid gereden my oor my vyande laat triomfeer.