Afrikaans 1983

Psalms 52 Afrikaans 1983 (AFR83)

God is goed

1. Vir die koorleier. 'n Gedig van Dawid,

2. na aanleiding daarvan dat die Edomiet Doëg gekom en aan Saul vertel het: Dawid was in die huis van Agimelek.

3. Jy wat jou groot hou,jy spog verniet oor jou slegte dade!Onthou, God sorg altyd vir my.

4. Jy wil ander se ondergang bewerk,met jou vlymskerp tong pleeg jy bedrog.

5. Jy het die kwaad liewer as die goeie,en die leuen liewer as die waarheid. Sela

6. Jy saai graag verwarring met jou leuens!

7. Maar God sal jou vir altyd vernietig.Hy sal jou uitruk en wegsleep uit jou woonplek,Hy sal jou wegruk uit die land van die lewendes. Sela

8. As die regverdiges dit sien,sal hulle met ontsag vervul worden smalend van jou sê:

9. “Dis nou die manwat nie op God se krag wou steun nie,maar op sy eie rykdom vertrou heten hom sterk wou maak deur inhaligheid.”

10. Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom;ek is in die huis van Goden ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.

11. Ek sal U altyd loof vir wat U gedoen het.Voor u dienaars sal ek u Naam prys,want U is goed.