Afrikaans 1983

Psalms 48 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die stad van die Groot Koning

1. 'n Lied. 'n Psalm van die Koragiete.

2. Die Here is groot!Aan Hom kom al die lof toehier in die stad van ons God,hier op sy heilige berg,

3. mooi, hoog geleë, en 'n vreugde vir die hele aarde,Sionsberg teen die noorde,die stad van die Groot Koning.

4. In hierdie goed versterkte stadhet God Hom as beskermer geopenbaar.

5. Konings het bymekaargekomen as een mag opgetrek,

6. maar skaars het hulle die stad gesienof hulle het bang geworden verskrik op die vlug geslaan.

7. Angs het hulle daar beetgepak,vrees soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring,

8. angs soos toe U met die oostewinddie skepe van Tarsis verpletter het.

9. Soos ons daarvan gehoor het, het ons dit self ervaarhier in die stad van die Here, die Almagtige,in die stad van ons God,die stad wat Hy vir altyd vas laat staan. Sela

10. Hier in u tempel oordink ons u trou, o God.

11. Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde.U mag het groot redding gebring.

12. Sionsberg moet bly wees,die stede van Juda moet oor u reddingsdade juig!

13. Gaan om Sion, trek reg rondom,tel sy torings,

14. bewonder sy mure,bekyk sy versterkings,sodat julle dit aan 'n volgende geslag kan vertel!

15. Dié God is ons God vir altyd;Hy sal ons altyd lei.