Afrikaans 1983

Psalms 39 Afrikaans 1983 (AFR83)

U is my enigste hoop

1. Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.

2. Ek het gesê: “Ek wil sorgvuldig let op my leween nie sondig met wat ek sê nie.Ek wil nie 'n woord praatas 'n slegte mens my teëstaan nie.”

3. Ek was stom en sprakeloos,ek het geswyg, nie gepraat nie,maar my smart het al hoe groter geword.

4. Daar was 'n brandpyn in my,my smart het 'n vuur in my geword.Toe móés ek praat.

5. Maak tog aan my bekend wanneer my einde sal wees, Here,en hoeveel dae daar vir my oor is,sodat ek sal weet wanneer my lewe verby is.

6. Kyk, U het bepaal dat my dae min sal wees,in u oë is my lewensduur byna niks.Ag, alle mense is maar verganklik. Sela

7. Die mens leef soos in 'n droomen hy sloof hom af vir niks.Hy gaar op, maar weet nie wie dit sal kry nie.

8. Is daar nog hoop vir my, Here?U is my enigste hoop.

9. Red my van al my teëstanders,laat my nie die spot van dwase word nie.

10. Ek kla nie, ek maak my mond nie oop nie,want U het dit oor my gebring.

11. Neem tog weg die smart waarmee U my getref het.Die las wat U my opgelê het, laat my krag ingee.

12. As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien,verteer U hom soos 'n mot 'n kleed.Ag, alle mense is verganklik. Sela

13. Hoor tog my gebed, Here,luister na my hulpgeroep;moet tog nie koud staan teenoor my trane nie,want ek is net op u beskerming aangewese;U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.

14. Neem tog u straf van my weg,dat ek weer bly kan weesvoordat ek heengaan en nie meer daar is nie.