Afrikaans 1983

Psalms 32 Afrikaans 1983 (AFR83)

U het my skuld vergewe

1. 'n Gedig van Dawid.Dit gaan goed met die menswie se oortredings nie gestraf word nie,wie se sonde vergewe word.

2. Dit gaan goed met die mensvir wie die Here die oortreding nie toereken nieen in wie se gees daar geen valsheid is nie.

3. Toe ek oor my sonde geswyg het,het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.

4. U hand het dag en nag swaar op my gedruk,my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela

5. Toe het ek my sonde bely,my oortreding nie weggesteek nie.Ek het gesê:“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”en U het my skuld vergewe. Sela

6. Dit is waarom elke gelowige in 'n tyd van nood tot U bid;selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.

7. U is vir my 'n skuilplek,U beskerm my teen aanvalle,U laat my oorwinningsliedere sing. Sela

8. Ek wil jou onderrigen jou die pad leer wat jy moet volg.Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.

9. Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muilwat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.

10. Die goddelose het baie smarte,maar wie op die Here vertrou,dié omvou Hy met sy liefde.

11. Verbly julle in die Here en juig, regverdiges,jubel, alle opregtes.