Afrikaans 1983

Psalms 30 Afrikaans 1983 (AFR83)

Vir altyd sal ek U loof

1. 'n Psalm. 'n Lied vir die inwyding van die tempel. Van Dawid.

2. Ek wil u lof verkondig, Here, want U het my gereden my vyande nie laat bly wees oor my nie.

3. Here my God, ek het na U geroep om hulpen U het my gesond gemaak.

4. Here, U het my gered van die doderyk,my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.

5. Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien,loof sy heilige Naam!

6. Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik,maar sy goedheid lewenslank.Gisteraand was daar nog traneen vanmôre lag ek al weer.

7. Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê:“Niks sal my ooit laat wankel nie.”

8. Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here.Maar toe U U aan my onttrek het,het ek baie bang geword.

9. Ek het na U geroep, Here.Ek het U om genade gesmeek:

10. “Watter voordeel is daar in my ondergangas ek die graf moet ingaan?Kan stof U loof?Kan dit u trou verkondig?

11. Luister, Here, en wees my genadig!Help my, Here!”

12. Ek was in die rou,maar U het my van vreugde laat dans.U het my rouklere uitgetreken vir my feesklere aangetrek.

13. Daarom sal ek sing tot u eer;ek sal nie stilbly nie.Here my God, vir altyd sal ek U loof!