Afrikaans 1983

Psalms 29 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die stem van die Here is magtig

1. 'n Psalm van Dawid.Prys die Here, julle hemelinge!Prys die Here om sy eer en mag!

2. Prys die Here om die eer van sy Naam!Buig voor die Here by sy heilige verskyning!

3. Die stem van die Here weerklink oor die waters.Dit is die magtige God wat die weer laat dreun;die Here self is op die groot waters!

4. Die stem van die Here is magtig,die stem van die Here is vol majesteit.

5. Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop.

6. Hy laat die Libanon bokspring soos 'n kalf en die Sirjon soos 'n jong bees.

7. Die stem van die Here laat weerlig uitslaan.

8. Die stem van die Here laat die woestyn bewe.Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.

9. Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik;dit stroop die bosse kaal.In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!”

10. Die Here heers oor die watermassas,Hy heers vir altyd as koning.

11. Die Here gee krag aan sy volk;die Here seën sy volk met oorvloed.