Afrikaans 1983

Psalms 23 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here is my Herder

1. 'n Psalm van Dawid.Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

2. Hy laat my rus in groen weivelde.Hy bring my by waters waar daar vrede is.

3. Hy gee my nuwe krag.Hy lei my op die regte paaietot die eer van sy Naam.

4. Selfs al gaan ek deur donker dieptes,sal ek nie bang wees nie,want U is by my.In u hande is ek veilig.

5. U laat my by 'n feesmaal aansit,terwyl my teëstanders moet toekyk.U ontvang my soos 'n eregas,ek word oorlaai met hartlikheid.

6. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my blyen ek sal tuis wees in die huis van die Heretot in lengte van dae.