Afrikaans 1983

Psalms 21 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die koning vertrou op die Here

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2. Here, dit is oor die openbaring van u magdat die koning so bly is,dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het,dat hy so jubel en juig.

3. Die wens van sy hart het U vervul.Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela

4. U skenk hom voorspoed en geluk,U plaas 'n goue kroon op sy kop.

5. Lewe het hy van U gevra;U het hom dit gegee — 'n lang, lang lewe.

6. Omdat U uitkoms gegee het, is hy hoog in aansien,met roem en eer het U hom oorlaai.

7. U maak hom altyd voorspoedig,U skenk hom oorvloedige blydskap deur u nabyheid.

8. Die koning vertrou op die Hereen deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.

9. U hand sal al u vyande vind,u regterhand sal u haters tref.

10. Wanneer U verskyn, Here,sal U hulle verteer soos in 'n oond.In u toorn sal U hulle vernietig,en die vuur sal hulle verteer.

11. U sal hulle kinders van die aarde af verdelgen die mensheid verlos van hulle nageslag.

12. As hulle kwaad teen U beraam,bose planne uitdink,sal hulle niks uitrig nie.

13. Wanneer U met die boog na hulle mik,slaan hulle op die vlug.

14. Laat u mag seëvier, Here,dan sal ons u krag besing en daaroor roem.