Afrikaans 1983

Psalms 15 Afrikaans 1983 (AFR83)

Wie het die reg om in die tempel te kom?

1. 'n Psalm van Dawid.Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here?Wie mag op u heilige berg vertoef?

2. Hy wat onberispelik wandelen doen wat reg is,wat met sy hele hart die waarheid praat,

3. nie kwaad praat nie,sy medemens nie kwaad aandoen nieen niemand beledig nie;

4. hy wat dié verag wat deur God verwerp is,maar almal eer wat die Here dien;wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,

5. sy geld nie op rente uitleen nieen hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie.Wie hom hieraan hou,sal nooit wankel nie.