Afrikaans 1983

Psalms 146 Afrikaans 1983 (AFR83)

Prys die Here!

1. Prys die Here!Ek wil die Here prys.

2. Ek wil die Here prys so lank ek lewe,ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.

3. Moenie op magtiges vertrou nie,nie op 'n mens nie;hy kan jou nie red nie.

4. Sy asem verlaat hom, hy word weer gronden sy planne is daarmee heen.

5. Dit gaan goed met die menswat sy hulp van die God van Jakob ontvang,die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.

6. Die Here het die hemel en die aarde gemaak,die see en alles daarin.Hy bly vir altyd getrou,

7. Hy laat reg geskied aan verdruktesen gee brood aan dié wat honger ly.Die Here bevry die gevangenes,

8. die Here laat blindes sien,Hy ondersteun dié wat bedruk is.Die Here het die regverdiges lief.

9. Hy beskerm vreemdelingeen help weeskinders en weduwees,maar Hy versper die pad vir die goddeloses.

10. Die Here regeer vir altyd.Sion, jou God regeer van geslag tot geslag.Prys die Here!