Afrikaans 1983

Psalms 142 Afrikaans 1983 (AFR83)

U weet wat ek moes deurmaak

1. 'n Gedig van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die spelonk. 'n Gebed.

2. Ek roep na die Here om hulp,ek smeek die Here om genade,

3. ek stort my klag voor Hom uiten vertel Hom van my nood.

4. Ek het alle moed verloor,U weet wat ek moes deurmaak.Op die pad waar ek loop,het hulle vir my 'n strik gestel.

5. Ek soek hulp, maar niemand wil help nie,daar is vir my geen vlugkans nieen niemand gee vir my om nie.

6. Ek roep na U om hulp, Here,ek sê: “U is my toevlug,buiten U het ek geen deel in die land van die lewendes nie!

7. Luister tog na my hulpgeroep,want ek is magteloos.Red my van my vervolgers,want hulle is te sterk vir my.

8. Bevry my uit my gevangenskap,dat ek u Naam kan loof.Die regverdiges sal dankbaar om my kom staanwanneer U aan my goed doen.”