Afrikaans 1983

Psalms 138 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here is hoog verhewe

1. Van Dawid.Ek wil U met my hele hart loof.Laat die gode maar hoor;dit is tot u eer dat ek sing.

2. Ek wil na u heilige tempel toe buigen u Naam roem om u liefde en trou,want U het u Naam en u woord bo alles gestel.

3. Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhooren my nuwe krag gegee.

4. Al die konings van die aarde sal U loof, Here,wanneer hulle u woord hoor,

5. hulle sal sing oor wat die Here gedoen het,want die mag van die Here is groot.

6. Ja, al is die Here hoog verhewe,Hy gee om vir die nederige,maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.

7. As die nood my oorval,hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in:U strek u hand uit,u regterhand red my.

8. Die Here sal vir my alles goed laat afloop.Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie.Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.