Afrikaans 1983

Psalms 137 Afrikaans 1983 (AFR83)

As ek jou sou vergeet, Jerusalem

1. By die riviere van Babel,daar het ons gesit, en ons trane het gevloeias ons aan Sion dink.

2. Aan die wilgerbome in daardie landhet ons ons liere opgehang

3. toe dié wat vir ons gevange weggevoer het,ons gevra het om 'n lied te sing,toe dié wat vir ons leed aangedoen het,van ons vrolikheid wou hê:“Sing vir ons 'n lied oor Sion!”

4. Hoe kan ons die lied van die Here singin 'n vreemde land?

5. As ek jou sou vergeet, Jerusalem,mag my regterhand dan verlam raak.

6. Mag my tong aan my verhemelte vaskleefas ek aan jou nie dink nie,as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.

7. Onthou die Edomiete, Here,die dag toe Jerusalem ingeneem is,hoe hulle aangehou het met sê:“Breek af, breek af die stadtot op sy fondamente!”

8. Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker.Gelukkig is die man wat jou terugbetaalvir wat jy ons aangedoen het!

9. Gelukkig is hy wat jou babatjies grypen teen 'n klip verbrysel.