Afrikaans 1983

Psalms 134 Afrikaans 1983 (AFR83)

Kom, prys die Here!

1. 'n Pelgrimslied.Kom, prys die Here,julle almal wat Hom dien,julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!

2. Hef julle hande in gebed op na die heiligdomen prys die Here!

3. Mag die Here jou seën uit Sion,Hy wat hemel en aarde gemaak het.