Afrikaans 1983

Psalms 133 Afrikaans 1983 (AFR83)

As broers eensgesind saam woon

1. 'n Pelgrimslied. Van Dawid.Hoe goed, hoe mooi is ditas broers eensgesind saam woon!

2. Dit is soos reukoliewat van die kop af in die baard afloop,die baard van Aäron,af tot by die soom van sy klere.

3. Dit is soos die dou van Hermonbergwat op die berge by Sion val.Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën:'n lang, lang lewe.