Afrikaans 1983

Psalms 130 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek wag op die Here

1. 'n Pelgrimslied.Uit die dieptes roep ek na U, Here,

2. luister tog na my, Here,hoor tog my hulpgeroep.

3. As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here,wie sou dan nog bestaan?

4. Maar by U ís daar vergifnis:daarom word U steeds gedien.

5. Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom,ek wag op die vervulling van sy woord.

6. Ek wag op die Heremeer as wat die wagte op die môre wag,wagte op die môre.

7. Wag op die Here, Israel,want by die Here is daar troue liefde,by Hom is die verlossing seker.

8. Hy alleen sal Israel verlosvan al sy sondes.