Afrikaans 1983

Psalms 13 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hoe lank nog, Here?

1. Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2. Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?Vir altyd?Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?

3. Hoe lank moet ek nog my eie planne maaken my dae met kommer deurbring?Hoe lank sal die vyand my nog oorheers?

4. Luister tog en antwoord my, Here my God!Gee my tog nuwe lewenskrag.Ek wil nie sterwe nie,

5. anders sê my vyand hy het my oorwinen juig my verdrukkers oor my ondergang.

6. Ek hou vas aan u troue liefde,oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.Ek wil sing tot eer van die Here,omdat Hy aan my goed gedoen het.