Afrikaans 1983

Psalms 129 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here het die bande losgesny

1. 'n Pelgrimslied.Hulle het my van jongs af swaar verdruk,dit moet Israel sê,

2. hulle het my van jongs af swaar verdruk,maar hulle kon my nie onderkry nie.

3. Hulle het van my rug 'n ploegland gemaaken daar lang vore op getrek.

4. Die Here is regverdig,Hy het die bande losgesnywaarmee die goddeloses my gebind het.

5. Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,

6. mag hulle wees soos gras op 'n dak:dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het

7. en daar is niks om af te snyen in bondels weg te dra nie.

8. Niemand wat daar verbygaan, sal die groet:“Die Here het julle geseën,ons seën julle in die Naam van die Here,”kan uitspreek nie.