Afrikaans 1983

Psalms 126 Afrikaans 1983 (AFR83)

Verander tog ons lot, Here!

1. 'n Pelgrimslied.Toe die Here die lot van Sion verander het,was dit vir ons soos 'n droom.

2. Ons het gelag en gesing.Onder die nasies het hulle gesê:“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”

3. Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;ons was bly.

4. Verander tog ook nou ons lot, Here,soos U droë spruite in die Suidlandin waterstrome verander.

5. Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.

6. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,hy kom juigend terugterwyl hy sy gerwe dra.