Afrikaans 1983

Psalms 125 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here beskerm sy volk

1. 'n Pelgrimslied.Dié wat op die Here vertrou,is soos Sionsbergwat nie wankel nieen altyd vas bly staan.

2. Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm,so beskerm die Here sy volk,nou en vir altyd.

3. Oor die grondgebied van die regverdigessal 'n goddelose nie die mag kry nie,sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie.

4. Here, doen goed aan dié wat goed is,die opregtes van hart!

5. Maar dié wat die verkeerde pad loop,mag die Here hulle vernietigsaam met dié wat onreg doen.Mag daar vir Israel vrede wees!