Afrikaans 1983

Psalms 123 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek sien na U op

1. 'n Pelgrimslied.Ek sien na U op,U wat uit die hemel heers.

2. Soos die oë van 'n slaafgerig is op die hand van sy eienaar,soos die oë van 'n slavingerig is op die hand van haar eienares,so is ons oë gerig op die Here ons God,totdat Hy Hom oor ons ontferm.

3. Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons,want ons het meer as genoeg veragting gehad,

4. meer as genoeg spot van oormoedige mense,veragting van hovaardiges.