Afrikaans 1983

Psalms 122 Afrikaans 1983 (AFR83)

Bid dat Jerusalem vrede mag hê

1. 'n Pelgrimslied. Van Dawid.Ek was bly toe hulle vir my gesê het:“Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”

2. En nou is ons hier binne-in jou, Jerusalem!

3. Jerusalem is die stad wat stewig gebou is,

4. waarheen die stamme kom,die stamme van die Here.Dit is 'n voorskrif vir Israelom die Naam van die Here hier te loof.

5. Hier word reg gespreek,hier lewer die koning sy uitsprake,die koning uit die geslag van Dawid.

6. Bid dat Jerusalem vrede mag hê,dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.

7. Mag daar vrede wees binne jou mure,rus in jou wonings.

8. Ter wille van my broers en my vriendewens ek jou vrede toe.

9. Ter wille van die huis van die Here ons Godbid ek dat dit met jou goed sal gaan.