Afrikaans 1983

Psalms 113 Afrikaans 1983 (AFR83)

Prys die Here!

1. Prys die Here!Prys, dienaars van die Here,prys die Naam van die Here!

2. Die Naam van die Here moet geloof word,nou en vir altyd.

3. Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan,moet die Naam van die Here geprys word!

4. Hoog bo al die nasies heers die Here,sy mag strek selfs oor die hemele.

5-6. Wie in die hemel of op die aardeis soos die Here ons God,wat hoog woon en hier onder alles sien?

7. Die geringe help Hy op uit die stof,die arme laat Hy van die ashoop af opstaan

8. om hom by vernames te laat sit,by die vernames van sy volk.

9. Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin,sy word 'n gelukkige moeder van kinders.Prys die Here!