Afrikaans 1983

Psalms 110 Afrikaans 1983 (AFR83)

Kom sit aan my regterhand

1. Van Dawid. 'n Psalm.Die Here het vir my heer die koning gesê:“Kom sit aan my regterhand,en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”

2. As die Here die septer, simbool van u mag,uit Sion aan u oorhandig,heers dan oor u vyande!

3. U volk is gereedvir die dag waarop u u magte monster.U jongmanne is u kragas hulle teen dagbreek aantree,geklee vir die heilige stryd.

4. Die Here het 'n eed afgelêen Hy sal dit nie herroep nie:“Jy sal altyd priester weesin die priesterorde van Melgisedek.”

5. Die Here gee u die oorwinning,Hy verdelg konings die dag as Hy sy toorn laat losbreek.

6. Hy straf die nasies,Hy verdelg hulle leiers,Hy laat die wêreld vol lê van hulle lyke.

7. Die koning drink water uit die stroom langs die pad,hy sal die oorwinning behaal.