Afrikaans 1983

Psalms 11 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek skuil by die Here

1. Vir die koorleier. Van Dawid.Ek skuil by die Here.Hoe durf julle vir my sê:“Vlug na die berge toe soos 'n voël!

2. Kyk, die goddeloses span hulle boë,en hulle lê aan met die pyl op die snaar;hulle staan reg om uit die donkerdie opregtes van hart te tref.

3. As die fondamente ondermyn word,wat kan die regverdige daaraan doen?”

4. Die Here is in sy heilige tempel!Die Here is op sy troon in die hemel!Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders.

5. Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose.Wie geweld liefhet, haat Hy.

6. Hy laat vuur en swael reën op die goddeloses,'n skroeiende wind: dit is die beker wat hulle sal drink.

7. Die Here is regverdig.Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel,en Hy sal by hulle wees.