Afrikaans 1983

Psalms 101 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe

1. Van Dawid. 'n Psalm.Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid,ek wil 'n lied sing tot u eer, Here.

2. Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe.Wanneer kom U na my toe?In my huis wil ek lewe in opregtheid,

3. niks wat sleg is, wil ek nastreef nie.Ek haat wat verkeerd is.Dit mag geen houvas op my hê nie.

4. Valsheid wil ek van my af weg hou,van kwaad wil ek niks weet nie.

5. Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis.Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie.

6. Ek kies as my amptenaredié in die land wat op God vertrou;die man wat opreg lewe,hy kan in my diens wees.

7. Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie,geen leuenaar kan my dien nie.

8. In my daaglikse regspraak sal ek al die goddeloses in die land uitwis,almal wat onreg doen uit die stad van die Here uitroei.