Afrikaans 1983

Psalms 100 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dien die Here met blydskap

1. 'n Dankpsalm.Juig tot eer van die Here, almal op aarde!

2. Dien die Here met blydskap!Kom voor Hom met gejubel!

3. Erken dat die Here God is:Hy het ons gemaak en ons is Syne,ons is sy volk, sy eie kudde.

4. Gaan sy poorte binne met dankliedere,sy tempel met lofsange,dank Hom, prys sy Naam,

5. want die Here is goed,aan sy liefde is daar geen einde nie,sy trou duur van geslag tot geslag.