Afrikaans 1983

Psalms 1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die Here lei die regverdiges

1. Dit gaan goed met die menswat nie die raad van goddeloses volg nie,nie met sondaars omgaanen met ligsinniges saamspan nie,

2. maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,dit dag en nag oordink.

3. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,wat op die regte tyd vrugte draen waarvan die blare nie verdroog nie.Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

4. So is die goddeloses nie.Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.

5. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nieen sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.

6. Waarlik,die Here lei die regverdiges op hulle pad,maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.