Afrikaans 1983

Psalms 99:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. U is die magtige Koning,U het die reg lief;wat reg is, het U tot stand gebring.U het reg en geregtigheid in Jakob gevestig.

5. Prys die Here ons God.Kom buig in aanbidding voor Hom:Hy is heilig!

6. Moses en Aäron was onder sy priesters,Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het.Hulle het die Here aangeroep en Hy het hulle gebed verhoor.

7. In 'n wolkkolom het God met hulle gepraat,en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam,die opdragte wat Hy hulle gegee het.

8. Here ons God, U het hulle gebede verhoor.U was vir hulle 'n vergewende God,maar Een wat ook hulle sondes gestraf het.

9. Prys die Here ons God,buig voor Hom op sy heilige berg,want die Here ons God is heilig.