Afrikaans 1983

Psalms 96:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Prys die Here, alle volke,prys die Here om sy eer en mag!

8. Prys die Here om die eer van sy Naam!Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!

9. Buig voor die Here by sy heilige verskyning;betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.

10. Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer;die wêreld staan vas, dit wankel nie;die Here sal die volke regverdig oordeel.”

11. Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig,die see en alles daarin moet druis,

12. die veld en alles daarop moet jubel,al die bome in die bos moet hulle verheug

13. voor die Here, want Hy kom,Hy kom om oor die aarde te heers.Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,oor die volke met billikheid.