Afrikaans 1983

Psalms 96:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe,ontsagwekkend is Hy bo alle gode.

5. Al die gode van die volke is niks:dit is die Here wat die hemele gemaak het.

6. Majesteit en luister straal van Hom uit,krag en glans vul sy heiligdom.

7. Prys die Here, alle volke,prys die Here om sy eer en mag!

8. Prys die Here om die eer van sy Naam!Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!

9. Buig voor die Here by sy heilige verskyning;betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.