Afrikaans 1983

Psalms 95:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. “Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba,soos die dag by Massa in die woestyn nie,

9. waar julle voorvaders My uitgetarten my geduld beproef het,hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het.

10. Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad,Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk,hulle wil my paaie nie ken nie.’

11. Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelêdat hulle nooit sou uitkomby die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.”